| Paul & Erica |
| Monday, 06 February 2012 11:47 |
|
LAATSON - PORTERVILLE | Paul & Erica Wat hierdie troue my weereens geleer het is dat mens nie hope geld nie, maar net baie blink idees, goeie vriende en twee mense wat lief vir mekaar is, nodig het om 'n amazing troue te hê... Erica & Paul hulle het saam met die hulp van vriende en familie AL die decor van die troue self gemaak...met boeke en blikke uit hul ouers se huise. Ek wil net sê WELL DONE!!
Die gekoopte rokkies, het hulle bietjie opgezhoesh met kant uit Erica se ouma se laaie - pragtig!!
Erica se sussie het so spontane aansteeklike glimlag!
Paul dra blykbaar GLAD nie graag das nie - so Erica moes hom op 'n manier ooreed - ek dink om haar hart op die das te werk was 'n briljante idee!
|




























































Comments
Wat kan ons sê, dit is absoluut stunning! Julle maak 'n beeldskone paartjie en die liefde straal uit julle uit! Mag julle altyd so goeie voorbeeld vir ander wees. Die foto's vang alles so mooi vas! Jani, jy het jouself uitstekend van jou taak gekwyt! Julle is beautiful!!!!!! !!!!!
Liefde ons 2*****
Die fotos het soooo pragtig uitgekom! Ons is regtig so dankbaar dat ons die beste fotograaf by ons sprokiesdag kom gehad het om elke oomlik vir ons vas te kon vang! Jy is ongelooflik talentvol!
Ons love elke liewe een! Dis sooo spesiaal!
DANKIE DANKIE DANKIE!!!
Wow, wow, wow...insanely mooi!!!
(Ek het jou die dag ontmoet by Wilmarie en Johan se troue)...ek is nog steeds game as jy editing klasse aanbied!:-0
lekker dag!
Riana
Pragtig en skaars in ons kommersiele wêreld van vandag!
Pragtige fotos Jani....jy is maar die beste :)