| Kirrie & Isabel | Upington |
| Wednesday, 16 May 2012 11:03 |
|
KIRRIE & ISABEL | Familieplaas - Upington Oeh die troue was so lekker, lekker om 'n naweek kans te kry om by my ouerhuis te kuier, lekker oor die wonderlike fotogeleenthede. Vir die wat julle nie weet nie - Upington is nie NET warm nie - dis een van die grootste uitvoerdruiwe streke in SA, waatlemoene en spanspekke word op grootskaal verbou, en as julle ooit weer in die somer 'n spanspek of waatlemoen koop en dit sê Karsten Boerdery, dan weet julle waar kom dit vandaan, en Pekanneute word ook op al hoe groter skaal aangeplant. En dis juis in so pragtige Pekanneutboord, waar Isabelle & Kirrie getrou het - met kussings op hooibale onder die bome...rerig special. En dan die twee dinge wat kinders, grootmense & oumense fasineer - vuur en roomys:). Isabelle het 'n roomysbussie gehuur sodat groot en klein draairoomys vir poeding kon hê - en was dit nie 'n fees nie. En die aand is afgesluit met pragtige lanterns wat in die lug ingestuur is met mooi wense - en die gesigte van oud en jonk was "priceless"!!
|






















































































Comments
En jou beeldskone bruid maak dit natuurlik nog mooier!,