| Johan & Mathilda |
| Wednesday, 03 August 2011 11:46 |
|
JOHAN & MATHILDA | Webersburg - Stellenbosch Daar was niks waarvan ek nie op die vreeslike lekker troue, deur Karla Oetler van Absolute Weddings gereël, nie gehou het nie... heerlike kos, pragtige venue en 'n cute couple! Johan & Mathilda se troue was my laaste ene vir die seisoen en dis so lekker om jou seisoen op so 'n hoogtepunt af te sluit. Mathilda is die pragtigste mens en sy was beeldskoon in haar Didi Couture rok, ek het letterlik honderde fotos van haar geneem...Ek het hulle nie goed geken voor die troue nie, maar na al die toesprake van hulle vriende kon ek agterkom dat hulle, baie na aan hulle familie en vriende is. Ek glo 'n goeie troue het net die regte hoeveelheid lag en trane nodig en daar was hope gelag en 'n klein bietjie trane. Baie dankie vir André van Niekerk van Vivid Blue Photography wat my regterhand vir die dag was.
Lekker mampoertjie....
|


























































Comments