| Gert & Marianne | Asara |
| Thursday, 14 June 2012 05:16 |
|
GERT & MARIANNE | Asara - Stellenbosch Ai my hart was so seer names Gert & Marianne (wat spesiaal al die pad van Lichtenburg gekom het vir hulle troue) toe dit die oggend begin reën, en reën, en reën! Alles moes binne toe geskuif word en Marianne wou vreeslik graag 'n wingerd foto gehad het - maar helaas... Ons het besluit ons sal dan later in die week as die reën opklaar 'n paar wingerd fotos neem, maar toe reën dit die heel week en dit reën en reën en reën. Gelukkig het dit niks aan die troue se feestelikheid afbreuk gedoen nie - en dis vir my so mooi dat die twee spesiale mense 'n tweede kans op liefde gekry het en dit kon deel met hulle naaste vriende en familie. Marianne het alles beplan EN selfs die uitnodigings, tafelnommers & - planne alles self gemaak. Die kleurtema was sagte pienk en haar besonderse Champagne pienk rok met regte, egte Franse kant het haar fietse figuurtjie en blonde hare perfek gepas!
|






















































Comments