| Scholtz-Familie |
| Monday, 13 February 2012 17:09 |
|
SCHOLTZ-FAMILIE |Helderberg Natuurreservaat Elke keer as ek familiefotos geneem het is ek opnuut vol respek vir ouers met klein kindertjies. Ek was pootuit na die sessie - en dit was glad nie omdat Cara & Lian, stout was nie - inteendeel, dis die soetste en bes opgevoedste kinders wat ek in 'n lang tyd ontmoet het. Maar klien Caratjie is die woord "Besige Bytjie" personify! Sjoe, soveel energie!!! En ouboet Lian het so mooi na kleinsus gekyk, nooit ongeduldig geraak nie en net aanmekaar gehelp as dit nodig was. Julle het lank gewag - hoop julle geniet hulle
Met sulke mooi ouers kan die kinders nie anders as om pragtig te wees nie!
Hiers Cara & Lian besig om na Tjoef en Tjaf te soek (dis twee karaktertjies uit 'n kinderstorie op KYKNET)...
|










































Comments
PTL
Praise The LORD