| Pieter & Chrisna |
| Wednesday, 18 May 2011 19:13 |
|
Ek ken vir Pieter al baie jare, het saam op Upington gewerk, hy was ook 'n fotograaf en vir Chrisna ken vaagweg as die pragtige klein mensie saam met wie ek op skool was. Groot was my verbasing to ek eendag op Facebook sien die twee het mekaar gevind... Dit nadat Pieta al op "Boer soek 'n Vrou" 'n draai gemaak het en nie sy trouvrou kon kry nie :) Dit was rerig 'n fees om die twee laggende, spontane mense af te neem, en julle twee, ek kan sommer sien dat julle vir mekaar bedoel is... Ek sien ontsettend uit om julle troue in Oktober af te neem ♥
|

























Comments