| Louis & Marike | Allesverloren |
| Monday, 11 June 2012 13:43 |
|
LOUIS & MARIKE | Allesverloren - Riebeek Wes Ek het Louis se sussie, Seugnet en haar man Charles se troue ook gedoen, en op hulle troue al het ek die besonderse band tussen die families gesien. Sussies en boeties wat meer soos vriende is as familie. Hulle is die tipe familie wat as jy deel is van so familie, kan jy jouself vereenselwig en as jy nie deel van so familie is nie hunker jy na daardie "nabyheid". En Marike se familie is presies NETso, ek kan net glo dat die 2 families baie naby aan mekaar gaan groei. Ek wil net 'n spesiale vermelding maak - as daar ooit 'n prys moes uitgedeel word - vir die beste bruidegom, wen Louis dit loshande!!! Die arme man het heel week voor die troue sleg gevoel, net om die oggend van die troue uit te vind hy het Duitse Masels... en ondanks 'n seer kop, 'n seer lyf en 'n seer keel het hy nie een keer gekla nie :)
|




































































Comments
En wat n oulike siek bruidegom wat glad nie kla nie.
jani, jy verbaas ons elke keer! so 'n ongelooflike talent om hierdie special moments vas te vang!
xoxo
s & c