|
Tuesday, 13 December 2011 09:06 |
|

JANDRÈ & CARLA | Porterville
Die dag toe ek Carla & haar ma in Mugg & Bean ontmoet het, was dit een van daardie oggende waar die lewe my bietjie ondergekry het. Lewe = 1, Jani =0. Ek het rerig nie kans gesien om vriendelik en entosiasties te klink nie, maar na 'n uur se lekker lag en twee koffies, het die lewe sommer weer great gelyk - danksy Carla! Dit het gevoel of ek en sy & haar Ma al jare vriende is. Die volgende more was ek lekker vroeg op en die TV was nog op Kyknet van die vorige aand se kyk... ek het amper aan my Museli verstik, want wie se gesiggie sien ek daar... Carla. Sy is veldaanbieder vir KykNet se Ontbytsake. Jandré & Carla is een van daardie couples wat die heeldag seker gemaak het almal rondhom hulle is gemaklik en happy.
|
|
|
Wednesday, 30 November 2011 11:23 |
|

KLEINEVALLEIJ - WELLINGTON | Viseslav & Suzanne Viseslav & Suzanne got married on one of the strange weathered October days, rain was threatening the whole day, but luckily it never did and the clouds created dramatic skies! I absolutely adored this wedding, from stunning Decor, with rows and rows of bunting, to chic bridesmaids dresses, funky groomsmen and a groom that simply adores his bride! Suzanne's beautiful dress was done by Zani & Erna from Laceblossom and Suzanne bought the lace for the bodice in Florence, Italy…
|
|
Monday, 21 November 2011 19:20 |
|

PIETER & CHRISNA |Dyasonsklip - Upington Hierdie boer het vir hom 'n vrou loop soek - die hele land vol, net om met leë hande huistoe te kom. Min het hy geweet, dat sy hart se punt reg onder sy neus was. Pieter was 'n deelnemer op "Boer Soek 'n Vrou" en Chrisna het lank in die Kaap gebly (al is sy ook 'n Upingtonner), en soos elke romantiese ontmoeting moes die tyd reg wees vir daardie spark om te gebeur. Ek ken ook al lank vir Pieta, en Chrisna was die jaar na my in Matriek, en een van die raakste beskrywings was die "Best Man" se opmerking dat Pieter & Chrisna DKW (Dans, Kerk & Werk) vriende is - mens wil graag alles saam met hulle doen! En die spesiaalste vir my was dat Chrisna se ma haar rok gemaak het - sjoe...min meisies kan dit sê!
|
|
Tuesday, 15 November 2011 10:32 |
|
 KIRRIE & ISABEL |e-session
Het ek al genoem ek's mal oor die Kalahari se sonsondergange! Ek neem volgende jaar Maart Isabel & Kirrie se troue, en ek het toe ek nou onlangs huistoe is vir 'n troue (ek blog dit volgende), het ons sommer gou 'n e-session ook ingepas.
|
|
Tuesday, 15 November 2011 08:51 |
|
 LANGVERWACHT |Wayne & Anja
Wayne & Anja het by die pragtige Langverwacht getrou en dit was 'n pragtige dag vir die seremonie in die tuin. Sonnig met 'n lekker koel briesie! Anja, het 'n Ilse Roux skepping gedra en ek was mal oor die kant bolero wat sy bo-oor gedra het. Dankie aan Jo-Ann stokes vir al die hulp op die dag.
|
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>
|